Plaaslike Kunstenaar Theo Nel Ontvang Toekenning by Afri-Indies

Die plaaslike kunstenaar, Theo Nel, van Pretoria het die dorp behoorlik aan die gons met sy musiek. Theo hou al van jongs af daarvan om mense te vermaak en het reeds in laerskool al begin sing. Hy is hierdie jaar reeds 11 jaar doenig in die musiekbedryf en het in November 2020 sy debuut album 'IS JY REG?' vrygestel.

📷 Fotografie: DONOVAN ROETS


Hierdie album het mense aan die gons van Pretoria tot Mosselbaai, van Germiston tot in Limpopo. Met n weghol treffer soos die immergewilde 'VELDBRAND' enkelsnit wat die nommer 2 posisie beryk het op Plectrum en Reputasie se Top 40 asook die dans treffer 'BOOMBOX' wat hy saam kunstenaar en vervaardiger Vincent Gordon gedoen het, is hierdie beslis n kunstenaar wat naam gemaak het.

Op 28 April 2021 was die heel eerste Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaarstoekennings gehou by die gewilde Platteland in Centurion. Die Afri-Indies is n platform wat geskep is vir alle onafhanklike kunstenaars om hulle te vereer vir hulle harde werk en musiek. Aktrise en Sangeres, Rea le Roux, is ook die meesterbrein en organiseerder van hierdie platform en word ook beskou as die 'GRAMMYS' van Suid-Afrika.

Theo ontvang toekenning
📷 Fotografie: Louise Visser


Theo Nel was genomineer vir 4 katogoriee naamlik: 'Best Newcomer' , 'Best Dance/Edm Single' , 'Best Male Pop Single' en 'Best Newcomer Single'. Hy is aangewys as die wenner van die beste dance/EDM single met die vuurwarm treffer BOOMBOX. "Dit voel soos n droom om hierdie toekenning te kan wen. Om net genomineer te kon word was reeds n groot eer vir my. Ek het nie verwag dat ek hierdie toekenning gaan wen nie" Hierdie liedjie het beslis verdien om te wen want almal gons daaroor en word by elke braai en kuier gespeel. Oud en jonk dans hierdie liedjie tot die son opkom.

Theo Nel met sy gesogte toekenning
vir 'BEST DANCE/EDM SINGLE'


BOOMBOX volg in die voetspore van die kunstenaar se eerste enkelsnit, Veldbrand, wat verlede jaar uitegreik is en baie goed ontvang is. "Vincent Gordon se werk het n baie groot invloed op my eie musiekstyl." se Theo Nel. Boombox, uit Vincent se pen, is n lekkerluister Afrikaanse popliedjie wat musiekliefhebbers aanspoor om lekker te kuier en goeie tye saam vriende en familie te geniet. Die polsende ritme en opgewekte lirieke kom steek onmiddelik in jou kop vas en nooi jou uit om saam te sing en dans. 

Sy uitrusting was ook iets waaroor mense gegons het. Volgens Theo is die ontwerp self uitgedink en gemaak. n Wit en swart pak met rose pink materiaal op en n rose pink strikdas.(sien foto onder). Die idee en inspirasie van hierdie pak het gekom van sy troupak af wat hy ook self die ontwerp van gemaak het. Sy pak is gemaak deur Bonny and Bessie Boutique. "Dit was my eie design gewees. Dit het my terug gevat na my troudag toe, so hierdie pak het n bietjie nostalgie aan hom verbind. My grootste droom het ook waar geword toe ek die talentvolle Rudi Claase ontmoet het. Hy was ook so mal oor my baadjie, hy het vir my gesê dat ek vir hom my baadjie moet stuur." skerts Nel.

Nel in sy pragtige pak.


Theo Nel saam beroemde Rudi Claase

Theo Nel en 'BESTE NUWELING' 
wenner Riempies.


Sit die Boombox aan, want Theo is hier en reg om vir julle te wys wat in hom sit met sy kragtige en passievolle musiek, Is Jy Reg? Baie baie geluk Theo Nel met hierdie ongelooflike prestasie. Ons sien uit om meer te hoor van jou!

Gaan luister ook sy debuut album 'IS JY REG?' vandag nog by die skakel hieronder: 

👉 https://musics.link/IsJyReg 

Theo Nel- BOOMBOX Musiekvideo:




Volg hom op sosiale media:


Besprekings vir Theo:
T.Records Music & Entertainment- 0628664032
LCP PRODUCTIONS- 0815790899

   


 📝 Artikel deur Lukas Potgieter


Vir enige media dekking, produksie bestuur of bemarking, kontak

👉Lukas by: info.lcpproductions1@gmail.com of 0815790899

of

👉Sonja by: sonja.lcpproductions@gmail.com of 0610729687


Comments

Popular posts from this blog

Theo Nel Maak Golwe In Afrikaanse Musiek Met Debuut Album

Jong Tiener Bereik Groot Hoogtes

Rea le Roux stel 4de album bekend.