Rea le Roux stel 4de album bekend.

Ons almal het haar leer ken as die 'Gatvol Vir Huis Skoonmaak' tannie wat n gekskeer parodie video gemaak het van die immer gewilde Miley Cyrus se 'Wrecking Ball'. Maar in 2019 en 2020 het die sangeres besluit om mense te wys dat sy meer as net n komedie sangeres is.

Rea le Roux het op Saterdag 11 Julie 2020 n aanlyn stromings konsert gehad waar sy haar 4de album vrygestel  het. Sy in samewerking met Virtual Productions het hierdie pragtige konsert aanmekaar gesit. Sy het ook die verhoog gedeel met Leroi Heunis, Die Draadloos Band, Rodeo Girls SA en Zane du Toit. Die aand het almal se asem weg geslaan met hierdie vertoning. Daar was verskeie mense betrokke by die produksie en almal het hard gewerk om dit moontlik te maak.

Rea se 4de album 'Iets Van Alles' is defnitief n wenner album. Van cover up liedjies soos '99 Red Balloons' , 'Mickey' , ' Ek Wil Jou Ken' na oorspronlike liedjies soos 'Meisie Met Die Kaalvoete' , 'Giddy On Up' en 'Ek Is Vry'. Sy het selfs n SA Medley op die album waar van die grootste treffers op is. Die klanke gesamentlik met die pragtige stem van Rea le Roux is die perfekte kombinasie wat jou aandag gaan trek en wat jou n hele paar keer na die album sal wil luister.

Hierdie krag belaaide album sal in almal se smaak val van oud na jonk. Daar is nou wel nie die skreeusnaakse parodies op nie maar daar is iets in die pyplyn vir nog n moontlike parodie. Hierdie is maar net die begin van Rea se loopbaan. Julle gaan nog baie meer van haar te hore kom. Sy is n inspirasie vir almal van jonk na oud.

Jy kan haar 4de album 'Iets Van Alles' (Foto Verskaf) aanlyn koop teen slegs R50,00 by Rea le Roux haarself. Stuur n epos na Realeroux@gmail.com om jou kopie vandag nog te kry.

In tussen kan jy ook gaan kyk na van haar videos deur die skakels hieronder te kliek.




Gatvol Vir Huis Skoonmaak Parodie:
https://youtu.be/ycxCc0CG1e0

Gooi Jou Chillie Op My Parodie:
https://youtu.be/gsXmc_h9Wok

Hoezit Corona Parodie:
https://youtu.be/MIdo2lHjwwc

Comments

Popular posts from this blog

Theo Nel Maak Golwe In Afrikaanse Musiek Met Debuut Album

Jong Tiener Bereik Groot Hoogtes