Posts

Showing posts from November, 2020

Theo Nel Maak Golwe In Afrikaanse Musiek Met Debuut Album

Image
  Theo Nel (30), inwoner van Pretoria maak golwe in die Afrikaanse musiek bedryf met sy debuut album ‘Is Jy Reg?’. Hy het besluit om die geleentheid te gebruik om aan die publiek te wys wat op sy hart is met hierdie album.   Die album vrystelling was op Saterdag 7 November 2020 by die pragtige V8 Roadhouse in Hartbeespoort en ons het die geleentheid gekry om dit saam Theo te vier en om bietjie meer uit te vind oor sy album. Die album titel kom deur te vra is jy reg vir Theo Nel want hy kom in met n bang, juis omdat baie mense in die begin van sy loopbaan in hom getwyfel het en dit maak ook vir jongmense met drome n nuwe bladjie oop om hulle self reg te maak vir die mense daarbuite. Die eerste enkelsnit ‘VELDBRAND’ wat van die album vrygestel is, het verskillende betekenisse. Mense gebruik die 5 woorde “Ek is lief vir jou” maar vir almal wat die liedjie gaan luister gaan dit met n ander betekenis insien. Theo se album is deur die skrywer, vervaardiger en sanger, Vincent Gordon, (o