Jong Tiener Bereik Groot Hoogtes

Die 17-Jarige Lukas Potgieter bereik groot hoogtes in slegs n kort tydperk. Lukas het n visie gehad om mense te help en te motiveer om hulle drome na te jaag. 

Op die ouderdom van 12 kon mense al hoor dat Lukas mense wil motiveer maar omdat hy nog jonk was, kon hy nie soveel doen nie. Hy het op 15 besef dat hy n akteur en motiverende spreker wil wees. En laat 2018 het hy besef dis tyd om iets daaraan te doen. Lukas het die besigheid van LCP PRODUCTIONS begin. Op 16 het hy reeds met groot name soos Rea le Roux, Renier Weideman, Theo Nel, PJ Pretorius, ADAM, Joe Foster en meer begin werk. Hy het vroeg in 2020 besluit dat buiten die feit dat hy n besigheids eienaar is, hy wil ook n motiverende spreker wees.

Lukas het reeds in laat 2018 as ekstra begin speel in n kort film, Bryan wat vervaardig is deur Bright Light Film Academy. Van daar af het hy ook as ekstra in sepies soos 7de Laan, Rhythm City, Generations, Binnelanders en Black Tax gespeel. Hy het laat in 2019 sy eerste rol as akteur gespeel in die #TYDELIK kort film wat ook vervaardig is deur Bright Light Film Academy. Lukas het in sy besigheid saam Rea le Roux en Renier Weideman gewerk aan n Gebore Talente Skole Toer waar hulle na skole regoor SA gaan en die kinders te motiveer en om met hulle te praat oor die ervaringe van die Gebore Talente Film. Hy het saam Rea le Roux gewerk aan haar Lockdown Parody genaamd Hoezit Corona. In LCP PRODUCTIONS het hy besluit om nuwe en opkomende kunstenaars te teken om hulle te help met bemarking en show bookings. Hy het ook besluit om n drama afdeling te maak waar ons drama klasse gee en ook kort films deur die loop van die jaar maak en vervaardig.

Lukas is ook in Augustus 2020 aangewys as deel van die Top 100 SA Ambassadeurs. Hy het ingeskryf met die doel om n verskil te kan maak in die vermaaklikheids industrie. Hy is die geleentheid en platvorm gegee om die industrie te red en om sy merk te maak. Kunstenaars en Vriende van Lukas staan bankvas agter hom en ondersteun hom baie.

Hy beskryf homself as n innoverende persoon wat daarvan hou om nuwe ervaringe te kry en soveel as moontlik mense te motiveer. Om te ontspan kyk hy graag seriese van Netflix af en loop graag in sy pajamas rond. Hy is avontuurlustig en kamp graag buite. Sy werk vereis baie en hy doen tans homeschooling wat dit makliker maak. Buiten al die take, toetse, vertonings en meer, geniet hy graag sy af tyd saam sy familie en vriende. Hy geniet ook om musiek te luister en te ontspan saam n glasie wyn. Hy sal homself nie beskryf as iemand wat agter die "fame" is nie maar eerder iemand wat n verskil wil maak.  Ons weet sommer dat hy nog groot hoogtes gaan bereik.

Lukas is ook te sien in die splinternuwe horror kort film 'The Last Night Of Lockdown' wat eersdaags sal uitkom.


Volg Lukas ook op sy sosiale media platforms om ook dop te hou vir toekomstige projekte:

Facebook:  https://web.facebook.com/LukasPotgieterPersonalPage/?ref=page_internal

Instagram:  @lukas_met_n_k


Comments

Popular posts from this blog

Theo Nel Maak Golwe In Afrikaanse Musiek Met Debuut Album

Rea le Roux stel 4de album bekend.