Theo Nel Maak Golwe In Afrikaanse Musiek Met Debuut Album

 

Theo Nel (30), inwoner van Pretoria maak golwe in die Afrikaanse musiek bedryf met sy debuut album ‘Is Jy Reg?’. Hy het besluit om die geleentheid te gebruik om aan die publiek te wys wat op sy hart is met hierdie album.  Die album vrystelling was op Saterdag 7 November 2020 by die pragtige V8 Roadhouse in Hartbeespoort en ons het die geleentheid gekry om dit saam Theo te vier en om bietjie meer uit te vind oor sy album.

Die album titel kom deur te vra is jy reg vir Theo Nel want hy kom in met n bang, juis omdat baie mense in die begin van sy loopbaan in hom getwyfel het en dit maak ook vir jongmense met drome n nuwe bladjie oop om hulle self reg te maak vir die mense daarbuite.

Die eerste enkelsnit ‘VELDBRAND’ wat van die album vrygestel is, het verskillende betekenisse. Mense gebruik die 5 woorde “Ek is lief vir jou” maar vir almal wat die liedjie gaan luister gaan dit met n ander betekenis insien.

Theo se album is deur die skrywer, vervaardiger en sanger, Vincent Gordon, (ook bekend vir sy treffer 'STAP SOOS KARLIEN') vervaardig. Ferdinand Skead (beter bekend as DJ Skeady wat ondermeer ook saam FLOOZE, Dirk van Der Westhuizen en vele meer gewerk het) het sy asemrowende talente gebruik en die album bemeester. Theo beskou dit as n absolute droom en het dit vreeslik geniet om saam sulke talentvolle mense te werk. Vincent het presies geweet waarna Theo opsoek is van die eerste oproep af. Hy en Vincent het ook gecollab op die album met n dans treffer ‘BOOMBOX’ wat volgens Theo n lekker treffer is wat mense van jonk tot oud bymekaar bring saam n lekker braai en kuier.


Fotografie: 📷DONOVAN ROETS
SFX Editing & ontwerp: FRANCOIS OLIVIER


“Ek het die inperkingstyd normal ervaar. In my opinie, Corona bestaan nie. As jy glo in God, bestaan daar nie virusse nie. Dit was tough en soms ondraagbaar maar met die Here se krag en genade het ek steeds my vlerke gesprei en hoog gevlieg.” Vertel Theo Nel.

Nel se loopbaan het op n baie jong ouderdom begin. Hy het koor gesing en het sy talent daardeur ontwikkel. Sy kinderdae was nie altyd maklik nie en was moeiliker sonder sy pa se teenwoordigheid maar met sy sterk geloof het hy die onmoontlike deur gemaak en is vandag sterker as ooit. Soos hy ouer geword het, het hy n baie goeie verhouding met sy pa gebou. Ongelukkig is sy pa n rukkie gelede oorlede en Nel het besluit om sy debuut album aan hom op te dra. ‘AS EK AAN JOU DINK’ is n liedjie wat spesiaal deur Vincent Gordon geskryf is vir Theo se pa.

Theo streef ook daarna om jongmense wat sukkel te help om hulle drome te laat waar word. Hy is n mense-mens en help graag waar hy kan. Hy wil n verskil maak in jongmense se lewens en hulle help met hulle drome.

Daar is volgens Theo net een GROOT inspirasie vir hom en dit is die ongelooflike sangeres, Juanita du Plessis. Sy speel n massiewe rol in sy lewe en hy volg in haar voetspore deur altyd positief te bly maak nie saak wat om jou aangaan nie. Dit maak nie saak hoeveel keer jy val nie, dis hoeveel keer jy opstaan wat tel.

Na afloop van die aand het Theo ons nog bietjie meer vertel. Dit was n baie lekker aand maar hy het ook baie gestres want daar was n paar tegniese foute, maar die aand het steeds positief uitgedraai en almal het dit geniet. “Ek is klein bietjie bly die aand is verby, want die beplanning vir die aand was vrek baie en dit was baie slaapelose nagte en harde werk vir die aand se reelings” skerts Nel 🎵

 “Ek het ook beplan om maar net n paar liedjies te sing, maar die mense het heeltyd net meer gesoek. Ek moes net keer of ek sing my hele album. Maar dit was n baie lekker aand gewees.” lag hy ook saggies.


Theo Nel op die verhoog tydens sy album launch
Fotografie: Lalla Lourens


Daar is n geheim wat hy binnekort gaan vrystel vir die mense. Sy 2021 planne is om Suid-Afrika plat te toer met sy nuwe album en sommer by elke dorp ook te gaan kuier en om n verskil te maak in mense se lewens.

Die album bevat ondermeer treffers soos 'PROE SOOS PRETORIA' , 'NIKOTIEN' en 'PEANUT BUTTER' om net n paar te noem wat mense se voete gaan laat juk en wil dans. Dit is n lekker saamsing- en - dans album vir oud en jonk.

Ons het vir Theo gevra wat sy motto in die lewe is en hy het as volg gese “Laat jou drome jou bang maak. Want as jou drome jou nie bang maak nie, droom jy nie groot genoeg nie. Onthou om jou vlerke te sprei en hoog te vlieg en onthou, drome word waar”

Dit was n ongelooflike aand gewees en hierdie naam ‘THEO NEL’ gaan julle nog baie van te hore kom. Sy ongelooflike talent en sprankelende persoonlikheid hou mens vasgevang. Baie geluk met jou nuwe album Theo, ons weet hy sal sommer groot gaan en dat jou musiek op almal se naweek speellys sal wees. Baie dankie ook vir die geleentheid om hierdie mylpaal saam jou te kon vier.

Theo Nel se album kan nou aanlyn gekoop word of sou jy n eksklusiewe kopie wou he, kan jy n epos stuur na trecords@theonel.com of info@theonel.com .

Besprekings vir Theo:

LT BASSON- 0628664032

bookings@theonel.com

 

Gaan volg Theo ook op sosiale media:

Facebook- @TheoNel

Instagram- @theonelworld

Twitter- @theonelworld


Theo Nel ft. Vincent Gordon- BOOMBOX





THEO NEL ALBUM VRYSTELLING MEDIA

Media Dekking deur Lukas Potgieter & Lalla Lourens
📝Artikel deur Lukas Potgieter





Vir enige media dekking, produksie bestuur of bemarking, kontak:

👉Lukas by info.lcpproductions1@gmail.com 

 Of





Comments

Popular posts from this blog

Jong Tiener Bereik Groot Hoogtes

Rea le Roux stel 4de album bekend.