Posts

Showing posts from July, 2020

Rea le Roux stel 4de album bekend.

Image
Ons almal het haar leer ken as die 'Gatvol Vir Huis Skoonmaak' tannie wat n gekskeer parodie video gemaak het van die immer gewilde Miley Cyrus se 'Wrecking Ball'. Maar in 2019 en 2020 het die sangeres besluit om mense te wys dat sy meer as net n komedie sangeres is. Rea le Roux het op Saterdag 11 Julie 2020 n aanlyn stromings konsert gehad waar sy haar 4de album vrygestel  het. Sy in samewerking met Virtual Productions het hierdie pragtige konsert aanmekaar gesit. Sy het ook die verhoog gedeel met Leroi Heunis, Die Draadloos Band, Rodeo Girls SA en Zane du Toit. Die aand het almal se asem weg geslaan met hierdie vertoning. Daar was verskeie mense betrokke by die produksie en almal het hard gewerk om dit moontlik te maak. Rea se 4de album 'Iets Van Alles' is defnitief n wenner album. Van cover up liedjies soos '99 Red Balloons' , 'Mickey' , '  Ek Wil Jou Ken' na oorspronlike liedjies soos 'Meisie Met Die Kaalvoete' , 'Giddy On

Die sangeres agter 'Gatvol Vir Huis Skoonmaak'

Image
Rea le Roux is een van SA se mees energieke sangeresse. Sy is alom SA bekend vir haar gekskeer liedjie (parodie) op Miley Cyrus se 'Wrecking Ball' met die titel  'Gatvol Vir Huis Skoonmaak' . Sy sing al van die ouderdom van 6 jaar oud af saam haar ma. Haar liefde vir musiek kom al n lang pad saam haar en sy beskryf dit as n 'journey'. Rea voel op haar gemaklikste as sy op die verhoog of voor mense kan sing. Rea toer ook die hele land vol en toer ook saam die bekende Liane Heyl (oftewel Boeboe van Vetkoekpaleis) as een van  Die 2 Blondines . Rea le Roux is ook te siene as die karakter 'Sarah Lee' in die Renier Weideman film  'Gebore Talente'  wat tans ook op Showmax te siene is. Sy werk ook saam LCP PRODUCTIONS en RENIER WEIDEMAN aan hulle nuutste projek genaamd  'DIE MK SKOLE TOER'  waar hulle na skole toe gaan en die woord van God versprei en die kinders vermaak. Sy is n aktiewe mens op sosiale media en het bykans 3 miljoen views op sosi

TYDELIK Kort Film (2019)

Image
Die #TYDELIK Kort Film is n film wat geskryf is deur ons eie bemarkings bestuurder Carmen Kruger.  Ons het saam die Bright Light Film Academy Wonderboom Kampus aan die Kort Film gewerk.  Die kort film gaan oor n outjie (Johan) wat op n meisie (Emma) verlief is. Emma en haar vriendin Nikki dink dat Johan gay is en wil vir hom n outjie (Chris) kry. By Emma se hokkie wedstryd loop dinge lelik skeef tussen Johan en Chris. By die dans vra Chris omverskoning vir Johan en se dat Emma die rede was vir alles maar Johan kon nie verstaan wat hy bedoel nie. Net voor Johan kon vra daag Emma en Nikki op en gesels met Johan en hulle besluit om te gaan dans. So rukkie later besluit Emma en Johan om varslug te gaan kry en te praat. Op die einde van die dans praat Johan met Emma en vertel haar hoe hy oor haar voel. Sy voel dieselfde en n nuwe liefdes verhouding word gevorm.  Gaan kyk die Kort Film vandag nog: https://youtu.be/8mF89kNoGbs

Wie is Sheldon Maritz?

Image
Sheldon Maritz , gebore op 16 April 1997, het sy liefde vir musiek gekry op die ouderdom van 4 jaar oud in sy ouer huis se sitkamer met die lied 'Ska-rumba' van Juanita Du Plessis. Op die ouderdom van 5 ontdek n sang onderwyser by Welgedacht Laerskool sy musikale talent en begin hom inskryf by kunswedstryde. In 2008 het hy na Moreweg Laerskool gegaan en het besluit om sy talent te bevorder. Hy kon sy Graad 5 jaar nie voltooi nie weens die feit dat hy saam die  Ekuhruleni Kinderkoo r getoer het waar hulle deel geneem het aan n wereld kampioenskap voor 100 000 mense en was ook die wenners van hul afdeling. In 2009 het hy as n entertainer deel geneem het aan die Festival Idols van Tessa Larsson. 2011 het hy sy HoĆ«rskool loopbaan by  HoĆ«rskool Die Anker  begin en het ook weer trofees begin verower deur sy musiek. In 2013 het hy ingeskryf by die  Ploughmans Idols (Zappaz)  waar hy 5de plek gekry het in die 8 weke lange kompetisie. Oktober 2016 het die Zappaz se Goodwin Idols begin w