Posts

Latest Post

Plaaslike Kunstenaar Theo Nel Ontvang Toekenning by Afri-Indies

Image
Die plaaslike kunstenaar, Theo Nel , van Pretoria het die dorp behoorlik aan die gons met sy musiek. Theo hou al van jongs af daarvan om mense te vermaak en het reeds in laerskool al begin sing. Hy is hierdie jaar reeds 11 jaar doenig in die musiekbedryf en het in November 2020 sy debuut album 'IS JY REG?' vrygestel. 📷 Fotografie: DONOVAN ROETS Hierdie album het mense aan die gons van Pretoria tot Mosselbaai, van Germiston tot in Limpopo. Met n weghol treffer soos die immergewilde 'VELDBRAND' enkelsnit wat die nommer 2 posisie beryk het op Plectrum en Reputasie se Top 40 asook die dans treffer 'BOOMBOX' wat hy saam kunstenaar en vervaardiger Vincent Gordon gedoen het, is hierdie beslis n kunstenaar wat naam gemaak het. Op 28 April 2021 was die heel eerste Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaarstoekennings gehou by die gewilde Platteland in Centurion. Die Afri-Indies is n platform wat geskep is vir alle onafhanklike kunstenaars om hulle te vereer vir hulle harde

Nuwe Plaaslike Kunstenaar Genomineer Vir Gesogte Toekennings

Image
Pretoria is aan die brand geslaan deur die plaaslike kunstenaar, Theo Nel, se nuutste enkelsnitte en debuut album. Die 30-jarige kunstenaar van Pretoria het klein bietjie meer as 2 maande gelede sy debuutalbum 'IS JY REG?' vrygestel. Met Covid-19 wat oorgegaan het na hierdie jaar moes hy die ondenkbare doen en sy toer planne kanseleer. Dit was n moeilike besluit gewees maar Theo is positief dat hy gou weer aan sy album toer sal kan beplan. Soos alle kunsteaanrs sit hy nie stil in die grendeltydperk nie. Hy het opslae gemaak deur die eerste Afrikaanse Enkelsnit van 2021 op 1 Januarie vry te stel. "Die splinternuwe eksklusiewe enkelsnit 'DOEN DIT NOU' is n lekker pop-liefdes liedjie wat gaan vir die verliefde paartjies wat vir mekaar hulle liefde wys en dit oor en oor bewys. Hulle wys dat die liefde nie vergaan nie en dat dit nog helder blom" vertel Nel Fotografie: 📷 DONOVAN ROETS Maar dis nie al nie. Theo het ook n groot verrasing om te deel. Hy is genominee

Theo Nel Maak Golwe In Afrikaanse Musiek Met Debuut Album

Image
  Theo Nel (30), inwoner van Pretoria maak golwe in die Afrikaanse musiek bedryf met sy debuut album ‘Is Jy Reg?’. Hy het besluit om die geleentheid te gebruik om aan die publiek te wys wat op sy hart is met hierdie album.   Die album vrystelling was op Saterdag 7 November 2020 by die pragtige V8 Roadhouse in Hartbeespoort en ons het die geleentheid gekry om dit saam Theo te vier en om bietjie meer uit te vind oor sy album. Die album titel kom deur te vra is jy reg vir Theo Nel want hy kom in met n bang, juis omdat baie mense in die begin van sy loopbaan in hom getwyfel het en dit maak ook vir jongmense met drome n nuwe bladjie oop om hulle self reg te maak vir die mense daarbuite. Die eerste enkelsnit ‘VELDBRAND’ wat van die album vrygestel is, het verskillende betekenisse. Mense gebruik die 5 woorde “Ek is lief vir jou” maar vir almal wat die liedjie gaan luister gaan dit met n ander betekenis insien. Theo se album is deur die skrywer, vervaardiger en sanger, Vincent Gordon, (o

Jong Tiener Bereik Groot Hoogtes

Image
Die 17-Jarige Lukas Potgieter bereik groot hoogtes in slegs n kort tydperk. Lukas het n visie gehad om mense te help en te motiveer om hulle drome na te jaag.  Op die ouderdom van 12 kon mense al hoor dat Lukas mense wil motiveer maar omdat hy nog jonk was, kon hy nie soveel doen nie. Hy het op 15 besef dat hy n akteur en motiverende spreker wil wees. En laat 2018 het hy besef dis tyd om iets daaraan te doen. Lukas het die besigheid van LCP PRODUCTIONS begin. Op 16 het hy reeds met groot name soos Rea le Roux, Renier Weideman, Theo Nel, PJ Pretorius, ADAM, Joe Foster en meer begin werk. Hy het vroeg in 2020 besluit dat buiten die feit dat hy n besigheids eienaar is, hy wil ook n motiverende spreker wees. Lukas het reeds in laat 2018 as ekstra begin speel in n kort film, Bryan wat vervaardig is deur Bright Light Film Academy. Van daar af het hy ook as ekstra in sepies soos 7de Laan, Rhythm City, Generations, Binnelanders en Black Tax gespeel. Hy het laat in 2019 sy eerste rol as akteur

Rea le Roux stel 4de album bekend.

Image
Ons almal het haar leer ken as die 'Gatvol Vir Huis Skoonmaak' tannie wat n gekskeer parodie video gemaak het van die immer gewilde Miley Cyrus se 'Wrecking Ball'. Maar in 2019 en 2020 het die sangeres besluit om mense te wys dat sy meer as net n komedie sangeres is. Rea le Roux het op Saterdag 11 Julie 2020 n aanlyn stromings konsert gehad waar sy haar 4de album vrygestel  het. Sy in samewerking met Virtual Productions het hierdie pragtige konsert aanmekaar gesit. Sy het ook die verhoog gedeel met Leroi Heunis, Die Draadloos Band, Rodeo Girls SA en Zane du Toit. Die aand het almal se asem weg geslaan met hierdie vertoning. Daar was verskeie mense betrokke by die produksie en almal het hard gewerk om dit moontlik te maak. Rea se 4de album 'Iets Van Alles' is defnitief n wenner album. Van cover up liedjies soos '99 Red Balloons' , 'Mickey' , '  Ek Wil Jou Ken' na oorspronlike liedjies soos 'Meisie Met Die Kaalvoete' , 'Giddy On

Die sangeres agter 'Gatvol Vir Huis Skoonmaak'

Image
Rea le Roux is een van SA se mees energieke sangeresse. Sy is alom SA bekend vir haar gekskeer liedjie (parodie) op Miley Cyrus se 'Wrecking Ball' met die titel  'Gatvol Vir Huis Skoonmaak' . Sy sing al van die ouderdom van 6 jaar oud af saam haar ma. Haar liefde vir musiek kom al n lang pad saam haar en sy beskryf dit as n 'journey'. Rea voel op haar gemaklikste as sy op die verhoog of voor mense kan sing. Rea toer ook die hele land vol en toer ook saam die bekende Liane Heyl (oftewel Boeboe van Vetkoekpaleis) as een van  Die 2 Blondines . Rea le Roux is ook te siene as die karakter 'Sarah Lee' in die Renier Weideman film  'Gebore Talente'  wat tans ook op Showmax te siene is. Sy werk ook saam LCP PRODUCTIONS en RENIER WEIDEMAN aan hulle nuutste projek genaamd  'DIE MK SKOLE TOER'  waar hulle na skole toe gaan en die woord van God versprei en die kinders vermaak. Sy is n aktiewe mens op sosiale media en het bykans 3 miljoen views op sosi

TYDELIK Kort Film (2019)

Image
Die #TYDELIK Kort Film is n film wat geskryf is deur ons eie bemarkings bestuurder Carmen Kruger.  Ons het saam die Bright Light Film Academy Wonderboom Kampus aan die Kort Film gewerk.  Die kort film gaan oor n outjie (Johan) wat op n meisie (Emma) verlief is. Emma en haar vriendin Nikki dink dat Johan gay is en wil vir hom n outjie (Chris) kry. By Emma se hokkie wedstryd loop dinge lelik skeef tussen Johan en Chris. By die dans vra Chris omverskoning vir Johan en se dat Emma die rede was vir alles maar Johan kon nie verstaan wat hy bedoel nie. Net voor Johan kon vra daag Emma en Nikki op en gesels met Johan en hulle besluit om te gaan dans. So rukkie later besluit Emma en Johan om varslug te gaan kry en te praat. Op die einde van die dans praat Johan met Emma en vertel haar hoe hy oor haar voel. Sy voel dieselfde en n nuwe liefdes verhouding word gevorm.  Gaan kyk die Kort Film vandag nog: https://youtu.be/8mF89kNoGbs

Wie is Sheldon Maritz?

Image
Sheldon Maritz , gebore op 16 April 1997, het sy liefde vir musiek gekry op die ouderdom van 4 jaar oud in sy ouer huis se sitkamer met die lied 'Ska-rumba' van Juanita Du Plessis. Op die ouderdom van 5 ontdek n sang onderwyser by Welgedacht Laerskool sy musikale talent en begin hom inskryf by kunswedstryde. In 2008 het hy na Moreweg Laerskool gegaan en het besluit om sy talent te bevorder. Hy kon sy Graad 5 jaar nie voltooi nie weens die feit dat hy saam die  Ekuhruleni Kinderkoo r getoer het waar hulle deel geneem het aan n wereld kampioenskap voor 100 000 mense en was ook die wenners van hul afdeling. In 2009 het hy as n entertainer deel geneem het aan die Festival Idols van Tessa Larsson. 2011 het hy sy Hoërskool loopbaan by  Hoërskool Die Anker  begin en het ook weer trofees begin verower deur sy musiek. In 2013 het hy ingeskryf by die  Ploughmans Idols (Zappaz)  waar hy 5de plek gekry het in die 8 weke lange kompetisie. Oktober 2016 het die Zappaz se Goodwin Idols begin w