Posts

Showing posts from May, 2021

Plaaslike Kunstenaar Theo Nel Ontvang Toekenning by Afri-Indies

Image
Die plaaslike kunstenaar, Theo Nel , van Pretoria het die dorp behoorlik aan die gons met sy musiek. Theo hou al van jongs af daarvan om mense te vermaak en het reeds in laerskool al begin sing. Hy is hierdie jaar reeds 11 jaar doenig in die musiekbedryf en het in November 2020 sy debuut album 'IS JY REG?' vrygestel. 📷 Fotografie: DONOVAN ROETS Hierdie album het mense aan die gons van Pretoria tot Mosselbaai, van Germiston tot in Limpopo. Met n weghol treffer soos die immergewilde 'VELDBRAND' enkelsnit wat die nommer 2 posisie beryk het op Plectrum en Reputasie se Top 40 asook die dans treffer 'BOOMBOX' wat hy saam kunstenaar en vervaardiger Vincent Gordon gedoen het, is hierdie beslis n kunstenaar wat naam gemaak het. Op 28 April 2021 was die heel eerste Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaarstoekennings gehou by die gewilde Platteland in Centurion. Die Afri-Indies is n platform wat geskep is vir alle onafhanklike kunstenaars om hulle te vereer vir hulle harde