Posts

Showing posts from January, 2021

Nuwe Plaaslike Kunstenaar Genomineer Vir Gesogte Toekennings

Image
Pretoria is aan die brand geslaan deur die plaaslike kunstenaar, Theo Nel, se nuutste enkelsnitte en debuut album. Die 30-jarige kunstenaar van Pretoria het klein bietjie meer as 2 maande gelede sy debuutalbum 'IS JY REG?' vrygestel. Met Covid-19 wat oorgegaan het na hierdie jaar moes hy die ondenkbare doen en sy toer planne kanseleer. Dit was n moeilike besluit gewees maar Theo is positief dat hy gou weer aan sy album toer sal kan beplan. Soos alle kunsteaanrs sit hy nie stil in die grendeltydperk nie. Hy het opslae gemaak deur die eerste Afrikaanse Enkelsnit van 2021 op 1 Januarie vry te stel. "Die splinternuwe eksklusiewe enkelsnit 'DOEN DIT NOU' is n lekker pop-liefdes liedjie wat gaan vir die verliefde paartjies wat vir mekaar hulle liefde wys en dit oor en oor bewys. Hulle wys dat die liefde nie vergaan nie en dat dit nog helder blom" vertel Nel Fotografie: 📷 DONOVAN ROETS Maar dis nie al nie. Theo het ook n groot verrasing om te deel. Hy is genominee