Wie is Sheldon Maritz?

Sheldon Maritz, gebore op 16 April 1997, het sy liefde vir musiek gekry op die ouderdom van 4 jaar oud in sy ouer huis se sitkamer met die lied 'Ska-rumba' van Juanita Du Plessis. Op die ouderdom van 5 ontdek n sang onderwyser by Welgedacht Laerskool sy musikale talent en begin hom inskryf by kunswedstryde. In 2008 het hy na Moreweg Laerskool gegaan en het besluit om sy talent te bevorder. Hy kon sy Graad 5 jaar nie voltooi nie weens die feit dat hy saam die Ekuhruleni Kinderkoor getoer het waar hulle deel geneem het aan n wereld kampioenskap voor 100 000 mense en was ook die wenners van hul afdeling. In 2009 het hy as n entertainer deel geneem het aan die Festival Idols van Tessa Larsson.

2011 het hy sy HoĆ«rskool loopbaan by HoĆ«rskool Die Anker begin en het ook weer trofees begin verower deur sy musiek. In 2013 het hy ingeskryf by die Ploughmans Idols (Zappaz) waar hy 5de plek gekry het in die 8 weke lange kompetisie. Oktober 2016 het die Zappaz se Goodwin Idols begin waar hy die eerste week uigesit is. Maar dit het hom nie gestop nie. n Vaderlike figuur (Pellie Christie, eienaar van Zappaz in Eloff) het ook in Oktober in sy lewe gekom en het hom aangemoedig om verder te gaan.

2017 was die eintlike begin van Sheldon. Hy het locally rond getoer en het mense gewys wie hy is. Hy het ook die Fielies Pub Voice Sing-off aangebied waar Moonshine as die wenners bekroon was en dit was ook n reuse sukses. Sheldon se energieke persoonlikheid en sy liefde vir die verhoog is beslis n aantrekkingskrag. Bespreek hom vandag nog vir jou volgende funksie, konsert, party en meer.

Besprekings by:

Sonja.lcpproductions@gmail.com




 

Comments

Popular posts from this blog

Theo Nel Maak Golwe In Afrikaanse Musiek Met Debuut Album

Jong Tiener Bereik Groot Hoogtes

Rea le Roux stel 4de album bekend.