Die sangeres agter 'Gatvol Vir Huis Skoonmaak'

Rea le Roux is een van SA se mees energieke sangeresse. Sy is alom SA bekend vir haar gekskeer liedjie (parodie) op Miley Cyrus se 'Wrecking Ball' met die titel 'Gatvol Vir Huis Skoonmaak'. Sy sing al van die ouderdom van 6 jaar oud af saam haar ma. Haar liefde vir musiek kom al n lang pad saam haar en sy beskryf dit as n 'journey'. Rea voel op haar gemaklikste as sy op die verhoog of voor mense kan sing. Rea toer ook die hele land vol en toer ook saam die bekende Liane Heyl (oftewel Boeboe van Vetkoekpaleis) as een van Die 2 Blondines. Rea le Roux is ook te siene as die karakter 'Sarah Lee' in die Renier Weideman film 'Gebore Talente' wat tans ook op Showmax te siene is. Sy werk ook saam LCP PRODUCTIONS en RENIER WEIDEMAN aan hulle nuutste projek genaamd 'DIE MK SKOLE TOER' waar hulle na skole toe gaan en die woord van God versprei en die kinders vermaak. Sy is n aktiewe mens op sosiale media en het bykans 3 miljoen views op sosiale media. Van haar mees bekendste treffers sluit onder meer 'Gatvol Vir Huis Skoonmaak' , 'Pap en Vleis' , 'Die Texas Lyn Dans' , 'Boeregangsta' en 'Hoezit Corona' in waarna die mense nie kan ophou luister nieHierdie vrou se passie vir musiek en haar energieke persoonlikheid het al die mense van oud tot jonk op hulle voete.

 

Gaan volg haar op sosiale media om uit te vind waarmee sy volgende besig is:

  • FACEBOOK- @RealeRouxMusiek
  • INSTAGRAM- @Realerouxofficial
  • TWITTER- @RealeRoux
  • YOUTUBE- Rea le Roux

 

Bespreek haar ook vir jou volgende konsert, funksie, braai, partytjie en meer by:

Sonja.lcpproductions@gmail.com



👇Gatvol Vir Huis Skoonmaak se video link:👇

https://youtu.be/ycxCc0CG1e0

Comments

Popular posts from this blog

Theo Nel Maak Golwe In Afrikaanse Musiek Met Debuut Album

Jong Tiener Bereik Groot Hoogtes

Rea le Roux stel 4de album bekend.