Nuwe Plaaslike Kunstenaar Genomineer Vir Gesogte Toekennings

Pretoria is aan die brand geslaan deur die plaaslike kunstenaar, Theo Nel, se nuutste enkelsnitte en debuut album. Die 30-jarige kunstenaar van Pretoria het klein bietjie meer as 2 maande gelede sy debuutalbum 'IS JY REG?' vrygestel.

Met Covid-19 wat oorgegaan het na hierdie jaar moes hy die ondenkbare doen en sy toer planne kanseleer. Dit was n moeilike besluit gewees maar Theo is positief dat hy gou weer aan sy album toer sal kan beplan. Soos alle kunsteaanrs sit hy nie stil in die grendeltydperk nie. Hy het opslae gemaak deur die eerste Afrikaanse Enkelsnit van 2021 op 1 Januarie vry te stel. "Die splinternuwe eksklusiewe enkelsnit 'DOEN DIT NOU' is n lekker pop-liefdes liedjie wat gaan vir die verliefde paartjies wat vir mekaar hulle liefde wys en dit oor en oor bewys. Hulle wys dat die liefde nie vergaan nie en dat dit nog helder blom" vertel Nel

Fotografie: ๐Ÿ“ท DONOVAN ROETS


Maar dis nie al nie. Theo het ook n groot verrasing om te deel. Hy is genomineer vir 4 katogoriee naamlik: 'Best Newcomer' , 'Best Dance/Edm Single' , 'Best Male Pop Single' en 'Best Newcomer Single' in die nuwe toekennings reeks 'Die Afri-Indie Onafhanklike Kunstenaarstoekennings' wat eersdaags sal plaasvind. "Ek het nie gedink dat dit so gou sou gebeur dat my musiek so goed sal doen en dat ek genomineer sal word vir toekennings nie. Dit het my net weereens laat besef dat dit nie ons tyd is nie, maar God se tyd. Hy weet wanneer om die regte geleenthede op jou pad te sit en ek is ewig dankbaar daarvoor." vertel hy aan ons terwyl hy n traan puk.



En dan het Theo vir n bonus ons verras met nog n spesiale aankondiging. Die lang verwagte musiekvideo van sy eerste enkelsnit #VELDBRAND is uiteindelik uit. Die bekende 7-de Laan akteur Rikus Strauss (Tjattas) verskyn ook in die video as n hoofrol saam die pragtige Monica Muller. Die musiekvideo is vervaardig deur die talentvolle Zander de Beer. 

Baie geluk Theo Nel!! Jy gaan nog GROOT gaan.

Theo Nel besig om te skryf aan sy liedjie.
Fotografie: ๐Ÿ“ท DONOVAN ROETS


Gaan luister die enkelsnitte hier:
Theo Nel ft. Vincent Gordon- BOOMBOX Musiekvideo:

Theo Nel- VELDBRAND Musiekvideo:



Besprekings vir Theo:
T.Records Music & Entertainment- 0628664032

                                   ๐Ÿ“  Artikel deur Lukas Potgieter


Vir enige media dekking, produksie bestuur of bemarking, kontak

of

Comments

Popular posts from this blog

Theo Nel Maak Golwe In Afrikaanse Musiek Met Debuut Album

Jong Tiener Bereik Groot Hoogtes

Rea le Roux stel 4de album bekend.